Sondag eredienste begin om 09:30 en is informeel en deelnemend - Persone wissel af om voorgangers te wees met sekere aspekte byvoorbeeld afkondiginge, gebede en voorsang.
In die erediens word kinders gehoor en gesien en senior persone gewaardeer.
Die gemeente het 'n voorsang groep wat die gemeente help om nuwe liedere te leer en om meelewing aan te moedig.
Liedere skat is vernuwend sonder om ou geliefde liedere te vergeet. Die bronne van die liedere is: Liedboek, Flam bundel, Vonkk bundel en ander kontemporêre liedere. Lofliedere word gesing en aanbidding word al meer 'n kosbare moment. 'n Verskeidenheid musiek instrumente word afwisselend gebruik soos die orrel, klavier, kitaar, klarinet, Tjello en ander.





