Welkom by die tuisblad van NG Malopo!
NG Malopo: Die klein gemeente wat glo hy kan die omgewing verander!
Die gemeente groei na hartlike verhoudings, waardes van liefde, geduld vriendelikheid.. en wil mooi bydrae maak tot die kontrei waarbinne ons is.
Eredienste is dinamies, informeel en vernuwend. Dit streef om gebalanseerd te wees, nie net vir die behoeftes van senior gelowige nie maar ook vir die jong gelowiges; Dit hou ook rekening met die verskillende spiritualiteite van lidmate.
NG Malopo is ‘n geestelike tuiste vir almal.
